Die Cornelia Kamp

Paaskamp 2027

Donderdag 25 Maart 2027 tot Maandag 29 Maart 2027

Oor die kamp

Paaskamp is ’n kamp vir die hele gemeente: gesinne, enkellopendes, jonk en oud, van babas van ’n maand oud tot grootouers.

Ons geskiedenis

Die Baptistekerk het sy ontstaan te danke aan die vervolging van Christene in Engeland. ’n Klein groepie gelowiges vlug na Nederland en stig daar onder leiding van John Smyth die eerste Baptistekerk. In 1612 keer die groep terug na Engeland onder die leierskap van Thomas Helwys. Hierdie groep kan beskou word as die begin van die Baptiste. Van Engeland het die Baptisme regoor die wêreld versprei.

Die eerste Baptistegemeente in Suid-Afrika is in Oktober 1819 deur ’n groep Engelse setlaars in Grahamstad gestig. Uit hierdie gemeente groei die Baptiste Unie.

Baptiste onder Afrikaanssprekendes is die direkte gevolg van ’n enkele persoon se strewe om te weet wat God van hom met betrekking tot die doop verwag. JD Odendaal ontmoet Baptiste deur ’n perdeverkoper wat sy manier van doen as tipies Baptisties herken het. Hy word op 22 Desember 1867 deur pastor Gutsche gedoop en op 27 Maart 1875 tot die bediening georden om as leraar van die eerste Afrikaanse Baptistegemeente te dien.

Hierdie gemeente, te Cornelia in die Noord-Vrystaat, kan beskou word as die moedergemeente van ander Afrikaanssprekende Baptiste in Suid-Afrika. Uit hierdie gemeente het ander gemeentes tot stand gekom met ’n tipiese Afrikaanssprekende kultuur en ’n evangelies-behoudende benadering tot kerk wees. Verder is ’n eie teologiese opleidingskool opgerig, en word daar tans deur gemeentes en denominasionele rade ’n dinamiese sendingaksie geloods.

Sien al die foto's →

Datums

Begin
Donderdag 25 Maart 2027
Eindig
Maandag 29 Maart 2027
Aankoms
Donderdag vanaf 12:00
Vertrek
Maandag 10:00
Waar
Cornelia Kampterrein, Cornelia, Noord-Vrystaat (kaart)

Ligging

Cornelia Kampterrein, Cornelia, Noord-Vrystaat

Plus code
QV53+H7 Cornelia
GPS
-27.24106, 28.85319

Navigeer met Google Maps, Waze of OpenStreetMap.

Om daar te kom

Vanaf Johannesburg

  1. Volg die N3 Harrismith/Durban toe.
  2. Neem uitgang 169 na Villiers (Suid)/Frankfort/Vrede.
  3. Draai links op die R103.
  4. Na 1 km draai regs om op die R103 te bly.
  5. Volg die R103 vir 33 km.
  6. Draai links in Brainstraat.
  7. Na 2,2 km draai regs in Generaal Smutsstraat.
  8. Die kampgronde is aan die regterkant, waar die straat Fouriestraat word.

Vanaf die suide

  1. Neem uitgang 133 vir die R34 na Vrede/Frankfort.
  2. Draai regs op die R34.
  3. Na ongeveer 13,5 km draai links op die R103.
  4. Na ongeveer 11,3 km draai regs in Brainstraat.
  5. Na 2,2 km draai regs in Generaal Smutsstraat.
  6. Die kampgronde is aan die regterkant, waar die straat Fouriestraat word.

Pryse

Pryse is per persoon vir die hele kamp.

KategorieTot en met 25 Februarie 2027Vanaf 26 Februarie 2027 (laat)
VolwassenesR700R750
HoërskoolR600R650
LaerskoolkindersR300R350
Kleuters / voorskoolGratisGratis

Laat registrasie

Besprekings wat ons tot en met Donderdag 25 Februarie 2027 ontvang, betaal die gewone pryse. Vanaf 26 Februarie 2027 betaal elke betalende kampganger R50 ekstra. Kleuters en voorskoolse kinders bly gratis.

Akkommodasie

Dui op die registrasievorm aan watter akkommodasie u verkies. U kan meer as een merk.

Akkommodasiekoördineerder: Miranda Keller, mirandakeller@web-com.co.za

Registrasie

Een vorm is een bespreking vir u hele groep of huishouding. Die kontakpersoon vul die vorm in, met die aantal persone en hulle ouderdomme per kategorie.

Aanlyn

Registreer aanlyn

U ontvang dadelik 'n besprekingsnommer. Betaal dan en e-pos u bewys van betaling na admin@corneliakamp.co.za.

Of per e-pos

  1. Laai die registrasievorm af: Registrasievorm (PDF, konsep) Hierdie vorm is nog 'n konsep en kan verander.
  2. Vul dit in en teken dit.
  3. Betaal (sien Betaling).
  4. E-pos die voltooide vorm saam met u bewys van betaling na admin@corneliakamp.co.za.

U bespreking is eers geldig wanneer ons beide die registrasie (vorm of aanlyn) en die bewys van betaling ontvang het.

Betaling

Betaal binne 5 werksdae nadat u bespreek het, anders verbeur u die bespreking, tensy ons ooreengekom het dat u maandeliks afbetaal.

Betaal per elektroniese oorbetaling (EFT) of kontant direk in die rekening van Die Cornelia Kamp:

Rekeningnaam
Die Cornelia Kamp
Bank
ABSA
Tak
Primrose
Takkode
632005
Rekeningtipe
Spaar
Rekeningnommer
38162000133

Verwysing: gebruik die besprekingsnommer wat u van ons ontvang. Het u dit nog nie, gebruik u voorletters en van.

Kansellasie en terugbetaling

Kansellasies moet skriftelik gedoen word.

Kontak

Besprekings: Miranda Keller, mirandakeller@web-com.co.za

E-pos: admin@corneliakamp.co.za

Ons hanteer u inligting volgens POPIA. Lees ons privaatheidskennisgewing.